Friday, March 21, 2014

Boerewors...Made In Taiwan

So word ek genooi deur nuwe kenisse Charl en Shani vir 'n 'hands on" sessie van wors maak en chocolate fondant.
Met so 'n groot liefde vir kos hoe kan ek die kans om die kennis te deel van die hand wys?!
Ek moet erken, ons het al die stops gemaak.
Gegear met die beste boerewors resep al die pad uit die hartjie van Wellington met komplimente van my goeie en beste vriend +Pierre Bester   vat ek die eerste Saterdag oggend trein Dounan toe. Dis donker, dis koud, maar vandag gaan ons Boerewors maak:-)
 
Treine is ALTYD op tyd;-)
 

2 uur en 2 minute later Dounan Stasie
 
 
Charl tel my by die stasie op en ons gaan soek solank vleis en derms.
Die bees kan ons eers by die middag mark koop, maar ons kry solank vark, derms en koffie by 'n oggend mark.
Een ding van Taiwan ... hier is nie slaghuise nie en om vleis op groot maat in 'n supermark te koop is baie duursaam...so jou enigste ander opsie...is 'n MARK. Dis of alles onder een dak of in 'n straat. Dis nie altyd MOOI nie, maar ek kan met sekerheid sê alles is vars, en ek geniet dit vreeslik om na 'n tradisionele mark te gaan. Ek sien baie BAIE interressante mense en dinge...
 

Tradisionele mark in al sy glorie

Vars groente.

Enige snit van 'n vark en 'n ge-oefende hand sny dit vir jou.
 
Die een ding waarna ek baie uitgesien het was om kaiings te maak van die varkvel, en die vet het omtrent blink om my mond gesit... die lekker kan en nie in woorde omsit nie.
 
 
Charl besig om vark op te sny



 Lip lek, duim af suig lekker kaiings
 
Ons almal skarrel  middag mark toe om bees te gaan kry en alles wat nodig is vir 'n baksel of twee of drie fondante.
Shani het so 'n Ferrari van 'n Kitchen Aid en my hande het gejeuk om weer so bietjie te speel.
So tussen die fondant coaching deur begin ek en Charl bees opsny.  Die hele proses van nagereg en vleis reg kry vir maal laat my terug dink aan my Slattery Pud en Grill dae in mooie Durbanville waar wors oor 'n naweek geloop het soos pannekoek op 'n kerkbasaar.
 
Charl wys sy staal met die slyp van sy mes.
 
Shani se Ferrari.
 
Panne reg, mengsel reg, fondant oppad
 
Pure Konsentrasie.
 
Pure plesier.

 Dit was batch nommer twee!
 
Eindelik breek die tyd aan dat ons die maler kan opstart en begin vleis maal...en kom ons sê maar net dit was 'n uitdaging van epidermiese proporsies. Net 'n wenk: as die lem vir jou regom lyk...draai dit om...dit moet JUIS verkeerd om lyk en wees!!!
So na ure van maal het ons 'n bietjie vleis bymekaar en kan ons begin speserye bygooi, meng, bietjie gaar maak, proe, nog 'n bietjie toor en eindelik kan ons begin stop!
 
En die gala is aan.

Worsmengsel reg om te stop.

Beste oomblik...Charl sal verstaan.

Perfekte Boerewors...Bring it on Nataniel!!
 
Soos die Ingelse seg : " The proof is in the pudding." en ons het sommer gou 'n vuurtjie Taiwan style voor in die straat opgestart om ons eind produk op die proef te stel.
 
Mmmmmmm

Angela, Shani en Ilse...elkeen met 'n proesel.

Taiwan Boerewors met 'n Taiwan Bier...Hoe dan nou anders.
 
'n Baie GROOT dankie aan Charl en Shani vir 'n ongelooflike naweek, fantastiese gasvryheid en heerlike kuier sessie. Baie dankie weereens aan Pierre vir die wen resep en tot ons volgende worsmaak sessie...May the wors be with you!
 
Groete
Mariza