Friday, November 15, 2013

Honger vir Hsinchu!



Uiteindelik het my kans gekom om vir Tertius en +Christelle De Jager in Hsinchu  te gaan kuier. My OPGEWONDENHEID kan ek nie in woorde beskryf nie.



Ek bespreek my oornag trein kaartjies aanlyn, en Vrydag kan nie gou genoeg kom nie.
Ek klim trein 23:53 en slaap is nie juis op die agenda vir die volgende vier en 'n half ure nie. Ons stop in Hsinchu stasie 04:23 en Ters kom tel my met sy blitsige 2 wiel op. Ek verkyk my aan die vroee oggend aktiwiteite van koerant verkopers in die onder dorp van Hsinchu. Die plek is BESIG!

Vars Taiwanese nuus.

Ons stop vir koffie by 7eleven (waar anders?) want Ters glo dis die naaste wat jy aan 'n Wimpy koffie sal kom.
Die plan was om nog so bietjie te gaan le as ons by die huis kom, maar met die vroee sons opkoms in Taiwan, 'n stoep met goeie geselskap en 'n pirate Wimpy koffie...wie wil nou gaan le?!
Meis sluit baie gou by ons aan en ons gesels land en sand...in Afrikaans!!!! Ons aanskou 'n hele paar fender benders en lag ons slap vir hulle dowe en blinde landlord!
Toe ek die hele trip beplan, het ek vir Ters gevra of ek asb die Saterdag 'n hotdog vir ontbyt kan kry.
Snaakse versoek? Ja ek weet, maar toe ek destyds in Taiwan aangekom het was dit die eerste ding wat ek hier geeet het en ek kon nie help om dit weer te versoek nie. Baie dankie julle het omtrent uitgehang en my bederf met ontbyt oor die naweek.

Ontbyt met niks minder as Mrs Balls nie;-)

Na 'n heerlike ontbyt was dit stort en aantrek, want in Taiwan sit geen foreigner juis stil op 'n Saterdag nie. Daar was alreeds groot planne gemaak om die groot Eend in Taoyuan te gaan besoek. 

Al waggelend kon ons nie vir 'n beter dag gevra het nie.

' N vinnig oorsig van die eend. Die oorspronklike eend is in 2007 ontwerp deur 'n Nederlander Florentijn Hofman, hy was 26mx20mx32m en weeg 600kg, en was die grootste in die reeks. Hofman wou die wereld vermaak met 'n toer genaamd: "Spreading joy around the world". 
Sedert 2007 was die eend al in 14 stede reg oor die wereld, en tydens Julie en Augustus 2013 het hy tussen die eilande van Hong Kong getoer en van daar is hy see langs om Kaohsiung te besoek. Die eendjie was natuulik nie die grote van 2007 nie, maar net so bietjie kleiner...25mx18mx18m.
Van Kaohsiung is hy na Taoyuan toe, maar na 'n hewige 6.3 aarbewing het die Eend dit nie gemaak nie.
So 'n nuwe eend is gestuur, dieselfde grootte en in die plat eend se plek staan gemaak, en dis die eend wat ons juis oppad was om te gaan besigtig.
HSR trein.

Ek was bevoorreg om 'n ongelooflike groep Suid-Afrikaners en 3 Amerikaners te ontmoet. Almal kollegas van Christelle, en ons het 'n fantastiese dag van Afrikaans en skerp humor geniet.
Taoyuan is so 'n halfuur se ry van Hsinchu af, met die trein miskien so bietjie stadiger met High Speed Rail(HSR) heelwat vinniger. Dit was my eerste HSR trein trip, hierdie treine kan tot 288km/h travel en dit was 'n ongelooflike belewenis. Binne 'n oogwink was ons op Taoyuan Stasie. Bus ritte na en van die eend was gratis en so hop ons almal op die eerste en naaste bus oppad na die reuse Eend toe.


Daar is massiewe Eend opgewondenheid in die bus en almal loer net waar en wanneer die Eend sy opwagting gaan maak. Ons stop op 'n punt om busse te ruil en so beweeg ons aan...en skielik so uit die nuut soos die eerste son strale in die vroee more staan daar 'n Eend ...


Almal natuurlik gelyk van die bus af, elkeen probeer om 'n kiekie te kry. 
Ons loop in nou straaitjies tussen vleie en tuine deur met honderde stalletjie wat dieselfde geel items as die ander verkoop. Daar is vele kos, roomys en 'koeldrank' stalletjies. 

Die mooiste Kool tuine...

Pragtige
Blomme, dit het vir 'n oomblik gevoel soos Namaqualand.

Een van honderde Quack-Quack-verkopers.

Hordes stalletjies en mense.

Soos ons al nader aan die Eend beweeg, raak die mense al hoe meer.  As 'n groep van Suid-Afrikaners in die meerderheid het ons soos een man of eerder vrou gaan stil staan by 'n stalletjie wat kerrie roti's verkoop. Die kok maak die roti's vars en alhoewel ons almal saam gestem het die kerrie bietjie sterker kon gewees het was dit geurig, vars en absoluut HEERLIK!

Vars uitgerol en gaar gemaakte Roti's

Ge-oefende hande, rol hom pappie.

 Hy mag maar...Roti's maak...en lag!!

Met ons Roti's in hand was ons op die wal reg langs die Eend en wat fees van opgewondenheid en glimlagte. Almal help ander om foto's te neem en dis die een ding wat ek ongelooflik baie van Taiwan geniet...Almal is altyd bereid om 'n foto te neem of aanwysings te gee, almal wil graag help. 
En gee hulle net 'n kans om te pose, hulle haal al die stops uit...
Duck...Ters!!

Sonskyn...

Alles en almal hou van pose in Taiwan.

Smile... my snap was seker te vroeg...

Ek moes natuurlik ook van die kans gebruik maak! 
MmmmWHA!!


Eend, Twee, Drie...Smile
Wendy, Celia, Kelly, Christelle, Tertius, Valerie en Stephanie 
Dankie aan elkeen vir 'n Quack-tastic dag!



Ek het die aand na 'n heerlike stort soos 'n sak patats op die bed neegeval. Ek dink die land en diep slaap het my gelyk oorval, want ek kon niks onthou van bed toe gaan of van die Springbokke teen Wallis twee uur daai oggend nie. Ek weet net nou dat die Bokke gewen het:-)

Sondag was 'n dag uitgesit vir inkopies en niks minder as 'n ordentlike braai nie. My eerste Taiwan braai.
Ters en Meis neem my na A-Mart waar ek piering oog myself verstaar aan alles onder een dak.
Massiewe winkel wat alles verkoop waaraan jy kan dink!! 
Ek eet van die lekkerste, varste vla gevulde koek happies. Ek wil ampers se dit smaak soos 'n eclair maar minus die 'crispiness' van die choux, meer koekerig...heerlik!


In 'n eendjie vorm...hoe dan nou anders.


mmmmmmmm....quack!

Die braai was niks minder as fantasmagories nie... Tertius en Christelle het my omtrent bederf. Christelle het die heerlikste wortel en broccoli slaai gemaak, en die braaivleis en braaibroodjie was uit die boeke uit. Gewoonlik sal ek nie 'n foto van 'n braaibroodjie neem nie, maar hierdie was 'n besonderse broodjie op 'n besonderse dag saam met besonderse familie!

Before...
 ...during...
 ...and after!
 Braaier van formaat!

Baie dankie aan Ters en Christelle vir 'n heerlike naweek! Dit het hopeloos te gou verby gevlieg. Ek hoop ons kan nog vele sulke naweke he, sodat ek vele blog posts oor julle ongelooflike gasvryheid en distrik dorp kan skryf.

Ek hoop dit was 'n eende-fees vir al my vriende en familie lesers, ek hoop om julle op hoogte te hou van alle nuwe dinge, mense en plekke...

Groete en Liefde uit Taiwan
Mariza
xxx






4 comments:

  1. Dit klink of jy jouself nou begin geniet en die land behoorlik ervaar. Deel word daarvan in die goeie sin van die word.
    Dankie vir die lekker lees!
    Wat het julle gebraai behalwe die brood?

    ReplyDelete
  2. Dankie Pierre,so bly jy geniet dit!Dit gaan beter, en om so bietjie te toer maak dit heelwat beter.
    Braaibroodjies was die hoogtepunt, maar Ters het vir ons vark strips en t-bone steak ook gebraai, flippen lekker gewees.
    Mis jullexxx
    Ek was so vol gewees ek kon skaars loop...

    ReplyDelete
  3. mmmm braai broodjies heerlik. Ek love daai eende, die seuns sal seker mal geraak het om so groot eend te kon sien hahaha. BAie dankie vir die heerlike stukkie taiwan happie ;- )

    ReplyDelete
  4. Linds, Zach en Josh sou daai eend gelove het! Miskien kom draai hy in die Kaap!!

    ReplyDelete