Sunday, October 20, 2013

Kom ons tand iets.

Twee en 'n half maande het gekom en gegaan in Taiwan en ek weet almal brand om te sien waar en hoe ek bly... So hier volg alles van my pozie tot my eet gewoontes en 'n klein bietjie van my werk.


Die gebou en skool waar ek bly, Zhuwei.
My kamer is op die 5de vloer, die tweede dubbel venster van regs.
Soos ek al genoem het bly ek in die Distrik dorp Gangshan in die buurt Zhuwei. Die skool waarvoor ek werk, Harvard English School het 3 skole. Die eerste skool en hoofkantoor is in Alian distrik omtrent so 20minute se ry met kar of bus van waar ek bly. Die tweede skool is in Gangshan so 10minute se ry met fiets van waar ek bly en dan die laaste en nuutste skool is die een waar ek bly Zhuwei. Ek rol letterlik uit die bed in die klas in:-)

Die skool gebou in Alian.

Ek is 3 dae 'n week in Alian, en Donderdae en Vrydae tussen Gangshan en Zhuwei. Omdat Zhuwei nog 'n nuwe skool is, is die studente min en die klasse klein.
Elke skool is gevestig oorkant 'n Laerskool, wat dit ideaal en veilig maak sodat kinders nie ver hoef te loop na Na-skool toe nie.
Gangshan skool gebou

Op hierdie wyse is ek dan geseend om 'n atletiek baan reg oorkant my kamer te he, waar ek elke aand 6 - 8km kan gaan draf. En alhoewel ek soms soos 'n hamster voel wat heeltyd in die rondte hardloop is dit veilig en gerieflik. En ek is soooo bly ek het tyd om weer te hardloop.

Uitsig van Laerskool en atletiek baan vanuit my kamer venster.

So terug op 5de vloer. Ons is gelukkig genoeg om 'n hyser te he, so dis ons voordeur, met brand trappe na links.

Die hyser en ons voordeur.

As jy dan by die voordeur inkom vind jy die sitkamer.  Ons het nie juis veel nie, maar dis darem groot genoeg om die fiets so dan en wan vir 'n spin te vat

Ons sitkamer...

Presies waar die foto van die sitkamer geneem is is die ingang na my kamer. As jy na regs sou kyk sal my kollegas se kamers wees en na links volg jy die gang na ons waskamer en badkamer toe.
As jy by die voordeur links gaan sal jy die trappe na 4 de vloer kry. Dis waar ek 'n kombuis ontdek. En aangesien ek gewoond is aan 'n duplex met slaapkamer en badkamer een vloer op van kombuis en sitkamer is hierdie nie so 'n groot aanpassing vir my nie. Ek is net dankbaar daar is 'n kombuis....

Kollegas se kamers, met yskas reg langs my deur.

Ons badkamer

Die kombuis

My kamer, vanuit die een hoek.


My kamer, vanuit die ander hoek.

So met my aankoms in Taiwan het ek nie veel gehad nie. Die klere in my tas, 'n laptop in my sak en 'n paar fotos van my beste vriende en vriendinne. My broer en skoonsus was gaaf genoeg om vir my hulle een plaat gasburner te gee sowel as 'n mes en 'n vurk. Dis al waarmee ek in Zhuwei aangekom het. So oor die afgelope 2 maande het ek al 'n potjie, 'n bord, 'n pap bakkie en 'n koppie gekoop. 

My eerste breekware

My eerste en enigste potjie/pannetjie.

En so beplan ek toe om my eerste kook sessie te he. Ek stel 'n kort lys op van wat ek die meeste mis en waarvoor ek die meeste lus het.
En my lus hang al lank genoeg op die grond vir 'n ordentlike pasta. En dis toe wat ek besluit om dit te maak vir middag ete. Ek het al die bestandele gaan koop om 'n heerlike roomerige sampion pasta te maak. As ek tyd gehad het sou ek self die pasta gemaak het maar vir nou sal die Taiwanese Fatti's and Moni's maar moet doen. Die tusigemaakte pasta is verseker in die pyplyn oor 'n naweek met 'n 2-3uur stadig gekookte bolognaise sous...
Bestandele vir 'n lang verwagte pasta.

Die hele geleentheid het my so opgewonde gehad dat ek sommer 'n nuwe chopping mes moes koop...net om te sien of ek nog kan chop. Dit was flym skerp, en die lekkerste gevoel.

Prep gedoen

So......strain 'n mens pasta....

 
Ek kan darem ook met vreugde se: Ek het nog nie die "toss" aksie verloor nie:-)

 Dit was fantasties lekker.

Lip Lek Lekker...dis al wat ek kan se. En die hele geleentheid het my so op 'n plak gehad dat ek nie eers omgegee het om die skottelgoed te was en af te droog nie.

En ek hoop julle almal besluit om Pasta te maak vir aandete op die Maandag en dit te geniet...
Tot my volgende happie, groete vir die oomblik uit 'n Italiaanse Ooste.

2 comments:

  1. Jis yster like dai pink mes van jou dis kwaai man en dis kos lyk net lekker soos altyd. die plekkie waar jy bly is nice amper verwag dat jy in n kamertjie bly waar as jy by die venster uit kyk in iemand anders se slaap/sitkamer gaan in kyk. Maar al te mits jy het n view to die for. Lekker week vir jou hoop jy het jopu uitstappie geniet.

    Groete En drukkies van die
    Nostaligiese reiser

    ReplyDelete
  2. Hey Dude. Dankie...smaak my jy is lus vir 'n staff meal want dis niks meer as dit nie....hahahaha.
    Ek kla mos nie, dis al wat ek se!! Daai trip was super kwagga, sal alles in 'n paar blogs moet onthul!!

    ReplyDelete