Tuesday, December 17, 2013

Peddal!!!!

In 'n oomblik van absolute waansin vind ek myself op 'n Saterdag oggend op 'n fiets saal besig om myself deur 200km te moor....Hoe???Wil ek nou nog weet.....

So terwyl ek nog opsoek is na my eerste resies om te hardloop in Taiwan kom ek op die volgende link af.

“Ride for Life.” 200 km bike ride fundraising event for the Philippines
The idea is to ride together for 200 km. If four people ride together we have 800 km in total which is the distance from Tainan, Taiwan to the Philippines. If we have more riders we might cover the distance to Tacloban. It will start at 7:30 Am from Tainan 's baseball stadium and ride north through the hills to Chia Yi City, but don't worry, the climbs are not too steep. After lunch we will return to Tainan on the coastal road which is flat with a tailwind. You should also get the chance to see the sunset over Chi Gu salt flats which is stunning. The total distance is aprox. 200 km. This is not a race, just a fun, challenging ride for a good cause. We plan on riding for 10-12 hours with dinner and drinks to follow at Tin Pan Alley, Tainan. All the money will be donated to an international charity involved in disaster relief in the Philippines'.

Dis nou wel nie harloop nie, maar so scienic trippie op 'n fiets is dalk ideaal, en dis vir 'n ongelooflike goeie doel. Ek kontak die organiseerder en vra of dit mooontlik sal wees om "fun challenging ride" met 'n fiets gegear met mandjie en carrier te kan doen...hy sê dit kan gedoen word as ek relatief fiks is. En ek glo ek is heel fiks, maar hy bied ook aan dat ek 'n pad fiets by hom kan leen as ek wil.  Omdat ek van Gangshan na Tainan met trein moes reis, besluit ek om sy fiets te leen in plaas van sukkel met fiets op 'n trein. Ek is tot vandag toe nog dankbaar ek het daai besluit geneem...

“Ride for Life.” 200 km bike ride fundraising event for the Philippines
Update on the ride. We will meet at the baseball stadium at 6:50 and meet Pete at the big Giant shop on Jiang Kang road at 7. We will ride north on highway 17/64 until we hit 100km, turn around and head back. It's the simplest route so we should be fine. The weather will vary from 16 to 25 so bring enough clothes! The wind can make it feel chilly in the morning and evening. Make sure your bikes in good working order and you have lights and a spare tube. I'm hoping we can finish in daylight hours but you never know.Bring high energy snacks and water with you. There are 7/11s etc on the way but we need to keep up a good pace all the way. I'm thinking of a 15 min break every two hours and maybe longer for lunch if we need it. Any longer and I start to cramp up!  It should be fun! Oh...get plenty of rest and carbo-load on Friday

Saterdag 7 December 2013 is 'n dag wat ek van my bucket list kan skrap en myself 'n goeie klop op die skouer kan gee.
Die dag begin vroeg, ek staan 04:30 op en kry al my goed bymekaar,sodat ek op stasie kan kom, ek moet trein klim 05:25.
Gangshan stasie ... amptelike tyd 05:18.

Ek arriveer in Tainan net na 6 en koop 'n koppie koffie en aanskou die voorblad nuus van die plaaslike koerant.

Jheerlik!
Voorblad nuus...

So met my koffetjie in die hand skarrel ek af Tainan Bofbal veld toe. Ek kry dit maklik en het so 10 minute van rustig sit met my eie gedagtes voor die ander arriveer.

Tainan Lions Baseball field.

Ek verwag natuurlik so groep van ten minste 10 miskien meer fiets ryers, op die ou end daag daar 4 mans op en ek is die enigste dame... sou dit natuurlik geen ander manier verkies het nie:-) en ons val in die pad 100km uit en 100km terug.
Fiets waarmee ek ±200km afgelê het.

Dit was 'n heerlike koel oggend en al die manne trek onder my uit, en ek moes baie gou besef dis nie meer  "a fun challenging ride" nie, maar wel net "challenging".
Ons vat 'n breek na 32km se ry... 
met bewerige bene en om nie eers te praat van my boude nie gaan skud ek my blaas uit en eet 'n piesang met 'n energie mengsel.
Waar lê 100 nog?? WAAR Lê 200 NOG???????????????/

Ek het telling verloor, maar ek dink ek het 6 van die gedrink en geëet.


Groep foto van links na regs: Pete, Neil, ekke, Johan en Patrick. 

Terug op die saal val ons in die pad vir die volgende 40km voor ons volgende stop. Almal trek weer onder my uit, maar ek gaan net doen wat ek kan. Die son begin water trek en daar is 'n redelike sterk wind reg van voor.
Opdrag van die manne...hou net op 17!

Natuurlik mis ek almal by die volgende stop en ek hou reguit aan tot by halfpad merk. Ek haal Johan by 90km in en ons trap saam tot ons die res van die manne kry.

Moenie jou oë te veel knip nie, daai meter sê 100.91 km.

Highway 17...100km of myle noord van waar ons kom.


Kaart van begin to presies half pad.

Ons stop by die volgende 7 eleven vir middagete en al die locals kan nie genoeg van ons kry nie...almal kom skerp hulle Engels by ons op.
Almal gryp natuurlik water en enige iets met koolhidrate aka Pasta.

 Middagete

Halfpad en omdraai punt.

Foto saam met een die local natives (nee sy is nie famous nie)

Die 100km terug was niks minder as maklik nie. In eerlike plat Afrikaans... Ek het afgek@k!!! 
En ek wil maar wil ook nie die pyn in my gat van 'n saal noem nie.
 Letterlik 'n pyn in die gat.

Die son was reg van bo en die wind glad nie van agter nie. Gelukkig het al die mans geduldig by elke rus punt vir my gewag net om seker te maak ek is nog in een stuk.
Neil het saam met my die laaste 20km's in Tainan ingekruip, net na sononder, en dit was amptelik: 11ure op 'n fiets en 189.42 km later.

Totale kilometer lesing.

Fodder!!!
Neil was gaaf genoeg om my by die Stasie in Tainan te gaan aflaai. Waarna ek die minste uitgesien het was om op my blou gevaar te klim met teer boude en vir 3km huis toe en my bed.
Met genade van bo het ek dit gemaak, en na 'n heerlike warm stort het ek uitgepass tot half pad deur die volgende dag.
Wonder bo wonder was ek in staat om normaal te loop die volgende dag met amper niks pyn. Klein bietjjie van 'n mission om op die toilet te kom, en ek was nie van plan om vir die volgende week op 'n enige soort saal te gaan sit nie.

Thank you to the awesome gentleman who helped me accomplished this goal, and thank you for being part of this special cause! 

Tot weederom
Mariza eina boude


No comments:

Post a Comment