Sunday, December 1, 2013

Smul aan die eerste

So staan ek die laaste Sondag van November op...met 'n sekere liedjie in my kop...


Ek maak my bed op en besluit vandag is die dag wat ek trein vat toe stad toe...dis tyd vir my eerste trip.
Daar is 'n deel van die stad wat hulle die Sandou Shopping distrik noem...Perfekte begin!!

'n Mrt kaart

So met my kaart in my sak klim ek op die fiets en ry Gangshan-Suid stasie toe. Treine hardloop letterlik elke 2 minute van die stasie af stad toe. Soos ek afkom met rol trap, verlaat die trein net die stasie, so tree ek aan vir die volgende een.
Dis omtrent 'n 35minute trein rit tot by die R8 stop, met musiek in die ore lees ek rustig my boek. Hoe nader ons aan die stad kom hoe voller raak die trein.
Ek klim af by Sanduo stasie en soos 'n mens met die roltrap op gaan, loop 'n mens letterlik in 'n mall in. So hulle het nie gegrap toe hulle sê dis 'n shopping distrik nie. Ek was huidiglik in die Fe21 Mega department store. In Taiwan noem hulle 'n mall 'n department store, so ek sal dit ook so noem. Dis baie anders as die malls in Suid-Afrika. Elke vloer is 'n afdeling, soos byvoorbeeld sport, kinder klere, moderne vroue klere, casual mans klere ensovoorts. Maar daar is nie apparte winkels nie, maar eerder oop "stalletjies" wat hulle verskillende items verkoop. So elke vloer lyk letterlik soos 'n mark...net baie modern!

FE = yster!!!

Die lekker ding van die department store is dat hulle flieks het op die heel boonste vloer. En alhoewel ek dit oorweeg het, moes ek baie gou besef dat die flieks nie in Engels gaan wees nie. En om fliek te gaan sit en lees was nou nie baie hoog op my lys van dinge om te doen in Kaohsiung nie.

Mega Department Store Kaohsiung.


Aan die voorkant van die gebou was daar oral beelde van visse. Hulle helder kleure vang jou oog dadelik en almal geniet dit om saam met hulle afgeneem te word.

Soos 'n mens by die gebou uitkom sien 'n mens ook dadelik 'n hoë gebou. Hierdie is die Tuntex Sky Building en is die hoogste gebou in Kaohsiung. Hy het 85 vloere en staan 378 meter hoog!! 



Dis nou nie 'n Taipei 101 nie...maar steed 'n meneer van 'n gebou

Aan die oorkant van die pad was daar nog 'n department store met die naam SOGO. Ek het daar gaan rondloop dis baie groter as die Mega mall met 'n groter verskeidenheid van items. Ek het sommer hier my Kesfees inkopies klaar gedoen en was baie chuffed met myself!

SOGO department store Kaohsiung

So na 'n relatiewe oordosis van department stores en malls besluit ek om so bietjie die strate in te vaar. Ek volg weer die mense, maar daar is mos nie skole wat vandag uitkom nie so ek kan nie in dieselfde strik trap as in Hong Kong nie.
Ek sien interressante plekke en kan my mos verkyk aan die name en spelling van sekere besighede.

 Ek neem aan hul verwys na die jaar 1969?

Praat hulle van stoom of bak?

Die chef, die restaurant of 'n sekere seekos?

In die son? langs 'n besige staat? vlieë?


Soos ek aanloop ontdek ek die Carrefour Sentrum, Costco Wholesalers en IKEA Home Furnishers.  Ek het al heelwat gelees van Ikea in Taiwan en my nuuskierigheid dwing my by die deure in. 

Fantastiese winkel!!

My bek het omtrent oop gehang en ek het gedink en is iewers tussen die hemel en die aarde.
Hierdie winkel verkoop alles en meer waarvan ek nog net kon droom!!!
Ek spandeer meer as 2 ure in die winkel en verkyk my aan al die uitstallings en idees hoe om 'n vetrek op te maak. Ek moes natuurlik iets koop ook. 
So loop ek daar uit met 'n pan, spatula en 'n peeler...die peeler was net omdat dit so goedkoop is R3?? en die pan en spatula was om niks minder te maak as my eerste batch pannekoeke in Taiwan nie. 

Oppad stasie toe sien ek die draak...ek kon sweer hy wys vir my thums up!!

Shihjia trein stasie, vanwaar ek weer huiswaarts gekeer het.

Vat my woord daarvoor....dis hoog!!


Vir aandete...niks minder as pannekoek nie. Ek moet mos my nuwe speelgoed uit toets en daar is sekere wat weet...as jy my wil bederf, plak 'n pannekoek met kaneel suiker voor my neer. +Ian Nie-Page , +Stephen Taylor , +Tessa van Schalkwyk.

My nuwe speelgoed.




Die hele proses van hoe om die perfekte pannekoek te bak.
Pannekoek resep
1 koppie meel
2 eetlepels bakpoeier
¼ t sout
2 eiers
½ koppie melk
½koppie water
Sif droë bestandele,
Klits eier, melk en water
Voeg nat by droog, klits goed om klonte te vewyder, as mengel te dik is voeg nog water by.
Bestrooi pannekoek met kaneel suiker en moenie skaam wees nie,hy moet sommer nat van die stroop wees.

Gaan bak nou 'n pannekoek, smul daaraan, eet dit en dink aan my...

Groete
Mariza





2 comments: