Sunday, December 1, 2013

Smul aan die eerste

So staan ek die laaste Sondag van November op...met 'n sekere liedjie in my kop...


Ek maak my bed op en besluit vandag is die dag wat ek trein vat toe stad toe...dis tyd vir my eerste trip.
Daar is 'n deel van die stad wat hulle die Sandou Shopping distrik noem...Perfekte begin!!

'n Mrt kaart

So met my kaart in my sak klim ek op die fiets en ry Gangshan-Suid stasie toe. Treine hardloop letterlik elke 2 minute van die stasie af stad toe. Soos ek afkom met rol trap, verlaat die trein net die stasie, so tree ek aan vir die volgende een.
Dis omtrent 'n 35minute trein rit tot by die R8 stop, met musiek in die ore lees ek rustig my boek. Hoe nader ons aan die stad kom hoe voller raak die trein.
Ek klim af by Sanduo stasie en soos 'n mens met die roltrap op gaan, loop 'n mens letterlik in 'n mall in. So hulle het nie gegrap toe hulle sê dis 'n shopping distrik nie. Ek was huidiglik in die Fe21 Mega department store. In Taiwan noem hulle 'n mall 'n department store, so ek sal dit ook so noem. Dis baie anders as die malls in Suid-Afrika. Elke vloer is 'n afdeling, soos byvoorbeeld sport, kinder klere, moderne vroue klere, casual mans klere ensovoorts. Maar daar is nie apparte winkels nie, maar eerder oop "stalletjies" wat hulle verskillende items verkoop. So elke vloer lyk letterlik soos 'n mark...net baie modern!

FE = yster!!!

Die lekker ding van die department store is dat hulle flieks het op die heel boonste vloer. En alhoewel ek dit oorweeg het, moes ek baie gou besef dat die flieks nie in Engels gaan wees nie. En om fliek te gaan sit en lees was nou nie baie hoog op my lys van dinge om te doen in Kaohsiung nie.

Mega Department Store Kaohsiung.


Aan die voorkant van die gebou was daar oral beelde van visse. Hulle helder kleure vang jou oog dadelik en almal geniet dit om saam met hulle afgeneem te word.

Soos 'n mens by die gebou uitkom sien 'n mens ook dadelik 'n hoë gebou. Hierdie is die Tuntex Sky Building en is die hoogste gebou in Kaohsiung. Hy het 85 vloere en staan 378 meter hoog!! 



Dis nou nie 'n Taipei 101 nie...maar steed 'n meneer van 'n gebou

Aan die oorkant van die pad was daar nog 'n department store met die naam SOGO. Ek het daar gaan rondloop dis baie groter as die Mega mall met 'n groter verskeidenheid van items. Ek het sommer hier my Kesfees inkopies klaar gedoen en was baie chuffed met myself!

SOGO department store Kaohsiung

So na 'n relatiewe oordosis van department stores en malls besluit ek om so bietjie die strate in te vaar. Ek volg weer die mense, maar daar is mos nie skole wat vandag uitkom nie so ek kan nie in dieselfde strik trap as in Hong Kong nie.
Ek sien interressante plekke en kan my mos verkyk aan die name en spelling van sekere besighede.

 Ek neem aan hul verwys na die jaar 1969?

Praat hulle van stoom of bak?

Die chef, die restaurant of 'n sekere seekos?

In die son? langs 'n besige staat? vlieë?


Soos ek aanloop ontdek ek die Carrefour Sentrum, Costco Wholesalers en IKEA Home Furnishers.  Ek het al heelwat gelees van Ikea in Taiwan en my nuuskierigheid dwing my by die deure in. 

Fantastiese winkel!!

My bek het omtrent oop gehang en ek het gedink en is iewers tussen die hemel en die aarde.
Hierdie winkel verkoop alles en meer waarvan ek nog net kon droom!!!
Ek spandeer meer as 2 ure in die winkel en verkyk my aan al die uitstallings en idees hoe om 'n vetrek op te maak. Ek moes natuurlik iets koop ook. 
So loop ek daar uit met 'n pan, spatula en 'n peeler...die peeler was net omdat dit so goedkoop is R3?? en die pan en spatula was om niks minder te maak as my eerste batch pannekoeke in Taiwan nie. 

Oppad stasie toe sien ek die draak...ek kon sweer hy wys vir my thums up!!

Shihjia trein stasie, vanwaar ek weer huiswaarts gekeer het.

Vat my woord daarvoor....dis hoog!!


Vir aandete...niks minder as pannekoek nie. Ek moet mos my nuwe speelgoed uit toets en daar is sekere wat weet...as jy my wil bederf, plak 'n pannekoek met kaneel suiker voor my neer. +Ian Nie-Page , +Stephen Taylor , +Tessa van Schalkwyk.

My nuwe speelgoed.




Die hele proses van hoe om die perfekte pannekoek te bak.
Pannekoek resep
1 koppie meel
2 eetlepels bakpoeier
¼ t sout
2 eiers
½ koppie melk
½koppie water
Sif droë bestandele,
Klits eier, melk en water
Voeg nat by droog, klits goed om klonte te vewyder, as mengel te dik is voeg nog water by.
Bestrooi pannekoek met kaneel suiker en moenie skaam wees nie,hy moet sommer nat van die stroop wees.

Gaan bak nou 'n pannekoek, smul daaraan, eet dit en dink aan my...

Groete
Mariza





Sunday, November 24, 2013

Lunch in the Town (oops, I mean) City of Tainan

I was blessed to have the wonderful opportunity to make and have lunch with Grace (everyone must know Grace by now) and her family last Sunday in Tainan.
One thing is certain...cram school teachers especially head  teachers work long hours from Monday to Saturday and with 2 year old twins she has a full schedule.  So when I invited myself for lunch Grace did not hesitate spending her off day cooking with me.

                                              
Another Train ride...Hell I don't mind!

She told me she wanted to learn how to make pasta, and of course being a master, that request suit me just fine. So with elegant flavours milling around in my head I had to turn to her for help in sourcing some of the ingredients.
First and of utmost importance was a decent cheese. Blue or Brie! And of course cream...fresh home made pasta with a white sauce base will simply not do.
Grace managed to source both cheeses through a friend...I had a mouthwatering somersault moment!!
And I stand by the saying: It's not who you are but who you know!!!
She also gave me both cheeses at no expense, and I would like to thank her once again for such a huge gift!

Beautiful Cheeeeeeeese:-)

I on the other hand was able to find cream from my favourite speciality baking store in Gangshan.

Good old cream.

So with all the difficult ingredients found I shopped around for the rest of the ingredients for a simply delectable Gracefully made pasta of Chicken, oyster mushroom and fresh green grapes served in a rich creamy Brie sauce.
Rolling...Rolling...Rolling with the pasta.

Very relaxed;-)
The end result!

Furthermore Grace's husband...man of few words, made us squid served cold with a simple flavoured sauce of  of soy and brown sugar with loads of garlic and a subtle hint of ginger balanced to perfection...delicious.
I also had my first serving of clams in a ginger and spring onion broth...and after my heavy hand at salt...simply moreish.

Tainan squid...I presume...

Salty, simply yummy!

Fresh?! Clams...OF COURSE


 The twins enjoying their first Italian pasta!


For dessert I made ice cream from scratch and after begging Grace for flavours she told me she liked white chocolate and hubby likes dark chocolate.
So I made a white and dark chocolate ice cream with dark and white chocolate chips served with a cookie crumble. With no decent Swiss or Belgium chocolate in Taiwan I even managed to impress myself with dessert.
Dessert.


After a late lunch we went for a stroll at the Cultural park, which was a hub of activity. Live music, dancing and children snake boarding. We walked through a art exhibition with loads of naked paintings, and I bought my first book abroad +The Great Gatsby during my first visit to a Taiwan department store. 

I had a awesome day in Tainan, a BIG thank you to Grace her family and her "leg hugging" dog Chocolate.

Greetings from a Italian (for the moment) East
Mariza
xxx






Friday, November 15, 2013

Honger vir Hsinchu!



Uiteindelik het my kans gekom om vir Tertius en +Christelle De Jager in Hsinchu  te gaan kuier. My OPGEWONDENHEID kan ek nie in woorde beskryf nie.



Ek bespreek my oornag trein kaartjies aanlyn, en Vrydag kan nie gou genoeg kom nie.
Ek klim trein 23:53 en slaap is nie juis op die agenda vir die volgende vier en 'n half ure nie. Ons stop in Hsinchu stasie 04:23 en Ters kom tel my met sy blitsige 2 wiel op. Ek verkyk my aan die vroee oggend aktiwiteite van koerant verkopers in die onder dorp van Hsinchu. Die plek is BESIG!

Vars Taiwanese nuus.

Ons stop vir koffie by 7eleven (waar anders?) want Ters glo dis die naaste wat jy aan 'n Wimpy koffie sal kom.
Die plan was om nog so bietjie te gaan le as ons by die huis kom, maar met die vroee sons opkoms in Taiwan, 'n stoep met goeie geselskap en 'n pirate Wimpy koffie...wie wil nou gaan le?!
Meis sluit baie gou by ons aan en ons gesels land en sand...in Afrikaans!!!! Ons aanskou 'n hele paar fender benders en lag ons slap vir hulle dowe en blinde landlord!
Toe ek die hele trip beplan, het ek vir Ters gevra of ek asb die Saterdag 'n hotdog vir ontbyt kan kry.
Snaakse versoek? Ja ek weet, maar toe ek destyds in Taiwan aangekom het was dit die eerste ding wat ek hier geeet het en ek kon nie help om dit weer te versoek nie. Baie dankie julle het omtrent uitgehang en my bederf met ontbyt oor die naweek.

Ontbyt met niks minder as Mrs Balls nie;-)

Na 'n heerlike ontbyt was dit stort en aantrek, want in Taiwan sit geen foreigner juis stil op 'n Saterdag nie. Daar was alreeds groot planne gemaak om die groot Eend in Taoyuan te gaan besoek. 

Al waggelend kon ons nie vir 'n beter dag gevra het nie.

' N vinnig oorsig van die eend. Die oorspronklike eend is in 2007 ontwerp deur 'n Nederlander Florentijn Hofman, hy was 26mx20mx32m en weeg 600kg, en was die grootste in die reeks. Hofman wou die wereld vermaak met 'n toer genaamd: "Spreading joy around the world". 
Sedert 2007 was die eend al in 14 stede reg oor die wereld, en tydens Julie en Augustus 2013 het hy tussen die eilande van Hong Kong getoer en van daar is hy see langs om Kaohsiung te besoek. Die eendjie was natuulik nie die grote van 2007 nie, maar net so bietjie kleiner...25mx18mx18m.
Van Kaohsiung is hy na Taoyuan toe, maar na 'n hewige 6.3 aarbewing het die Eend dit nie gemaak nie.
So 'n nuwe eend is gestuur, dieselfde grootte en in die plat eend se plek staan gemaak, en dis die eend wat ons juis oppad was om te gaan besigtig.
HSR trein.

Ek was bevoorreg om 'n ongelooflike groep Suid-Afrikaners en 3 Amerikaners te ontmoet. Almal kollegas van Christelle, en ons het 'n fantastiese dag van Afrikaans en skerp humor geniet.
Taoyuan is so 'n halfuur se ry van Hsinchu af, met die trein miskien so bietjie stadiger met High Speed Rail(HSR) heelwat vinniger. Dit was my eerste HSR trein trip, hierdie treine kan tot 288km/h travel en dit was 'n ongelooflike belewenis. Binne 'n oogwink was ons op Taoyuan Stasie. Bus ritte na en van die eend was gratis en so hop ons almal op die eerste en naaste bus oppad na die reuse Eend toe.


Daar is massiewe Eend opgewondenheid in die bus en almal loer net waar en wanneer die Eend sy opwagting gaan maak. Ons stop op 'n punt om busse te ruil en so beweeg ons aan...en skielik so uit die nuut soos die eerste son strale in die vroee more staan daar 'n Eend ...


Almal natuurlik gelyk van die bus af, elkeen probeer om 'n kiekie te kry. 
Ons loop in nou straaitjies tussen vleie en tuine deur met honderde stalletjie wat dieselfde geel items as die ander verkoop. Daar is vele kos, roomys en 'koeldrank' stalletjies. 

Die mooiste Kool tuine...

Pragtige
Blomme, dit het vir 'n oomblik gevoel soos Namaqualand.

Een van honderde Quack-Quack-verkopers.

Hordes stalletjies en mense.

Soos ons al nader aan die Eend beweeg, raak die mense al hoe meer.  As 'n groep van Suid-Afrikaners in die meerderheid het ons soos een man of eerder vrou gaan stil staan by 'n stalletjie wat kerrie roti's verkoop. Die kok maak die roti's vars en alhoewel ons almal saam gestem het die kerrie bietjie sterker kon gewees het was dit geurig, vars en absoluut HEERLIK!

Vars uitgerol en gaar gemaakte Roti's

Ge-oefende hande, rol hom pappie.

 Hy mag maar...Roti's maak...en lag!!

Met ons Roti's in hand was ons op die wal reg langs die Eend en wat fees van opgewondenheid en glimlagte. Almal help ander om foto's te neem en dis die een ding wat ek ongelooflik baie van Taiwan geniet...Almal is altyd bereid om 'n foto te neem of aanwysings te gee, almal wil graag help. 
En gee hulle net 'n kans om te pose, hulle haal al die stops uit...
Duck...Ters!!

Sonskyn...

Alles en almal hou van pose in Taiwan.

Smile... my snap was seker te vroeg...

Ek moes natuurlik ook van die kans gebruik maak! 
MmmmWHA!!


Eend, Twee, Drie...Smile
Wendy, Celia, Kelly, Christelle, Tertius, Valerie en Stephanie 
Dankie aan elkeen vir 'n Quack-tastic dag!



Ek het die aand na 'n heerlike stort soos 'n sak patats op die bed neegeval. Ek dink die land en diep slaap het my gelyk oorval, want ek kon niks onthou van bed toe gaan of van die Springbokke teen Wallis twee uur daai oggend nie. Ek weet net nou dat die Bokke gewen het:-)

Sondag was 'n dag uitgesit vir inkopies en niks minder as 'n ordentlike braai nie. My eerste Taiwan braai.
Ters en Meis neem my na A-Mart waar ek piering oog myself verstaar aan alles onder een dak.
Massiewe winkel wat alles verkoop waaraan jy kan dink!! 
Ek eet van die lekkerste, varste vla gevulde koek happies. Ek wil ampers se dit smaak soos 'n eclair maar minus die 'crispiness' van die choux, meer koekerig...heerlik!


In 'n eendjie vorm...hoe dan nou anders.


mmmmmmmm....quack!

Die braai was niks minder as fantasmagories nie... Tertius en Christelle het my omtrent bederf. Christelle het die heerlikste wortel en broccoli slaai gemaak, en die braaivleis en braaibroodjie was uit die boeke uit. Gewoonlik sal ek nie 'n foto van 'n braaibroodjie neem nie, maar hierdie was 'n besonderse broodjie op 'n besonderse dag saam met besonderse familie!

Before...
 ...during...
 ...and after!
 Braaier van formaat!

Baie dankie aan Ters en Christelle vir 'n heerlike naweek! Dit het hopeloos te gou verby gevlieg. Ek hoop ons kan nog vele sulke naweke he, sodat ek vele blog posts oor julle ongelooflike gasvryheid en distrik dorp kan skryf.

Ek hoop dit was 'n eende-fees vir al my vriende en familie lesers, ek hoop om julle op hoogte te hou van alle nuwe dinge, mense en plekke...

Groete en Liefde uit Taiwan
Mariza
xxx