Thursday, September 12, 2013

Hong Kong...in 'n klein happie

So bietjie minder as twee weke terug moes ek uit die bloute uit Hong Kong toe, vir wat hulle noem 'n visa run. Omdat ek net oorspronklik 'n 30dae visum gehad het en all kinds of dramas met die werkspermit het my besoek visum uitgeloop en moes ek land uit voor hulle my land uit gooi. Die opsie was daar, om immegrasie kantoor toe te gaan, 'n boete te betaal en weer 'n 30 of 60 dae visum te kry, maar my skool het aangedring dat ek eerder die Hong Kong ding doen want 'n boete gee 'n rekord teen jou naam en as ek ooit in die toekoms Taiwan wil besoek of langer wil bly, sal dit teen my tel.
Ek was baie ontstelt, ek het geweet dit gaan my 'n klomp geld kos, wat ek nie juis het nie, EN as Taiwan en die klein distrik dorpie Gangshan vir my so intemmederend en vreemd is hoe gaan ek ooit in Hong Kong, een van die grootste en besigste stede in die wereld regkom.
EK KAN MET VREUGDE SE MY WERKSPERMIT IS VANDAG ONTSLAAN, NOU KAN ONS AANSOEK DOEN VIR 1 JAAR VERBLYFS VISUM IN TAIWAN!HOU ASB DUIM VAS ALLES BEGIN NOU IN PLEK VAL.
Die skool het gehelp om al my vorms is orde te kry sowel as om eers vliegtuig kaartjie vir my te boek en te betaal. Saam met alles ontvang ek 'n klomp Google maps kaarte vir hotelle en hostels, en die printout van elkeen is nie tjeep nie...R1300/nag??
Op die noot wil ek in my eerste taal weereens dankie se aan Harvard English School, hulle het ongelooflik baie vir my gedoen en gehelp om alles uitgesort te kry. Dit beteken seker hulle hou van my....
So is ek Saterdag 31 Augustus laat middag, dik vol trane, by die trein stasie afgelaai oppad lughawe toe.  Gelukkig loop die trein(MRT)reguit tot by lughawe. Kanse dat ek alreeds voor ek weg is verdwaal is skraal.

Koahsiung Lughawe

En so word die vlug vir 'n uur vertraag. Ek het amper nie eers die aankondiging gehoor nie...alles word mos eers in Chineese, dan in Taiwanees en dan eers Engels aangekondig. So tewyl almal die nuus voor my hoor is dit 'n gemoan en 'n gegroan so erg dat die Engels verlore raak. 
Lekker man, die rede vir vertraging...daar het 'n typhoon deur die Suide getrek twee dae tevore en dit het nog vreeslik gereen en die wind het heavy gewaai, wat natuurlik erger gemaak word omdat Kaohsiung Lughawe reg langs die see le.  So sit ek en verstaar ek my maar aan die nasie van Taiwan, wat net eenvoudig nie rustig met mekaar kan kommunikeer nie. Hulle moet skree, en ek verstaan dis hulle manier van praat maar die vet weet dit klink asof almal met mekaar baklei...

Tyd om uiteindelik te board en ek is geseend genoeg om die heel agterste sitplek in een moerse vliegtuig te kry. Pas my...ek voel net so alleen en emosioneel en vir een of ander rede teleurgesteld met en in myself. China Airways het Pink se nuutste CD op hulle entertainment list en al wat ek doen is sit terug(daars mos niemand agter my nie) en sit die musiek op sy hardste.

Die heeeeel agterste sitplek in 'n boing.

1h20min later Hong Kong International Airport. Die amptelike tyd is 23:10.

Hong Kong Internationale Lughawe

Wat is die kanse ek vat nou 'n trein/taxi stad toe om 'n hostel op wie weet watse eiland te gaan soek??
So maak ek net daar en dan die besluit ek slaap in die lughawe terminaal...Jip!!!! Dis veilig, dis goedkoop en sal net vreemd wees vir die eerste uur of twee.
Daar is storte op die lughawe...dit kos jou nou wel 50HKD(ongeveer R70), maar dis steeds tjeeper as R1300 en ten minste is my gat skoon.
So vind ek relatiewe groterige pers sitplekke in die arrivals terminaal en ek maak myself daar tuis.
Voel amper asof ek oornag in 'n Steers of iets.
 Daar was alreeds 'n paar mense wat begin uitkamp het so ek het nie sleg gevoel dat ek myself kom regmaak om 'n uiltjie te knip nie.

So slaap 'n mens op 'n lughawe!

So word ek die Sondag oggend vroeg wakker, met die heerlike reuk van bacon en eiers. Daar was 'n McDonalds reg om die draai van my"bed".  Ek kry ook die volgende nota teen my gesig vas geplak, nugter weet wanneer hulle dit langs my gesig kom indruk het, maar ek weet van niks...EN steel hulle regtig hier??

Slaap nota

So ek 'n besluit gemaak om vandag hoofstad toe te gaan en so bietjie te gaan rondloop en die area van waar die ambessade is te gaan verken. Die laaste ding wat ek wil he is om te verdwaal op 'n Maandag in Hong Kong, laat te wees vir my visa aansoek en dalk nog 'n nag oorbly.
Ek moet erken daar was baie goeie dinge wat uit die trip Hong Kong toe gekom het en ek ding die beste was dat ek baie BAIE vinnig moes leer hoe om trein en bus skedules uit te werk. Want die publieke vervoer stelsel in Hong Kong is net absoluut ongelooflik.
So gereed met al die bus nommers en hulle verskillende stop en optel punte sowel as MTR(dis wat hulle dit in Hong Kong noem) stasies en regte lyn skeduldes is ek reg vir 'n Sondag in Hong Kong Hoofstad.  En glo my as ek se...'n Sondag in Hong Kong is alles behalwe rustig...
Ek vat die MTR reguit Hong Kong middestad toe wat stop by Central station, een stasie stop van Admirality Station af waar ek weet Taiwan ambessade is in 'n gebou op die 40ste vloer!
Ek besluit om Central te verken en kom baie gou agter die stad is ongelooflik besig as gevolg van protes optogte teen die goverment as gevolg van korrupsie en geloof...OKAY, so toe voel ek nie so ver van Suid-Afrika af nie. Ek vat toe 'n ferry van Central na een van die eilande aan die oorkant, dis tog seker 'n moet om 'n ferry trip te vat as jy tussen so baie eilande is.

 Central Pier waar ferries arriveer en vertrek
'n Ferry


'n Ferry bemanningslid of "doorman"

Nog 'n view van die Central Pier

So hop ek heel Sondag van een ferry tot 'n ander en sien hoe lyk Hong Kong van elke hoek en kant.'n Ferry rit kos 4.50HKD(ongeveer R6)

 'n Seil boot

Hong Kong Skyline

Die hoof Engelse Juffrou by Harvard English School Grace Hsu raai my aan om myself vir 'n lekker ete by 'n restaurant te gaan, sy se die kanse dat ek Hong Kong binne die volgende jaar weer sal sien is maar skraal. Toe ontdek ek die heerlikste Franse Deli wat die lekkerste, botterigste, rykste croissante met net bokmelkaas op verkoop. Ek het 2 geeet so lekker was dit en teen 30HKD(R42)elk glo ek was dit nog die beste geld wat ek in Hong Kong spandeer het. En as ek nie op die lughawe geslaap het nie sou ek dalk DALK nie eers 1 kon eet nie. En dit sou 'n ramp gewees het. So dankie Steers bankies en Hong Kong Internationaal.
So na 'n dag van vele loop en baie plekke sien vat ek die MTR terug lughawe toe.  Seer voete en rug, want ek moes my sak oral saam met my dra, is ek vas oortuig...slaap gaan nie vannaand 'n probleem wees nie. Ek voel heel gerus dat ek presies weet waar Taiwan Ambessade is en hoe ek daar moet uitkom, en al my papier werk is in orde.  Nou vir 'n 70randse stort en dis good night Hong Kong.

Slapende Lughawe

Ek word iewers in die nag wakker en moes net 'n foto neem van hoe stil en rustig so 'n massiewe lughawe kan word deur die nag. Ongelooflik.
Ses uur is ek op vars aangetrek oppad stad toe om my visum te gaan kry. Dis Maandag en ek het nie lus vir sukkel nie. Half nege toe sit ek binne in die kantoor 8ste in die ry. Als verloop glad en die vroutjie se ek kan maar vier uur my visa kom optel! Jis!... ek dog ek doen 'n wawiel in die middel van die wag kamer.
So vat ek die MTR kus lang om so bietjie die westelike eilande te verken. Ek het probeer om 'n kort video clip te maak net om te wys hoe ongelooflik die treine is en hoe afhanklik mense daarvan is. Verskoon maar die vingers en die hande voor die lens maar ek het dit so onbewustelik as moontlik probeer doen.
MTR rit

Sover as wat ek Hong Kong verken soek ek eintlik net 'n vlooi mark of iets. Daar waar 'n mens iets kleins en so goedkoop as mootlik kan koop. Maar ek kry niks. Op een stadium het ek uit 'n stasie uitgekom en ek sien net mense loop. Almal in dieselfde rigting. Heel opgewonde sleep ek agterna en dink hierdie is nou of nooit. Ongeveer 2km later waar eindig ek op....'n skool wat besig is om uit te kom???!!! Ek loop toe maar in 'n mall rond en ruik toe die heerlikste koffie wat iewers staan en trek. En wat loop ek toe daar raak...'n melktertjie...of 'n egg tart, maar dit het so naby aan die regte ding gelyk ek moes 'n kans vat. Was toe nie die real deal nie maar heerlik genoeg met 'n kraakerigste skilfer kors en al.

Egg Tart aka Melktertjie

Nou vir die wag tot 4uur toe sodat ek my visa kan kry. Ek eindig op in die tuin oorkant die ambessade gebou. En daar verkyk ek myself weer aan die mense en natuurlik al die busse, taxi's en trems. Ja my mond het oopgeval, en my hart het vinniger begin klop toe ek die dowwe klokkie bo al die geraas van 'n trem trien hoor. Dis mos net iets wat on Suid-Afrikaners op die Tv sien.
 Verstommende publieke vervoer stelsel

Die tyd het gekom en ek gaan tel my visa op, en baie opgewonde verneem ek, dis 'n 60dae visa en verligting spoel oor my. Nou vir my laatse 2 trein ritte terug lughawe toe en die wag vir my vlug eers 21:30, terug 'huis' toe, maar dis fine want more is alles weer teug na normaal en ek moet nog klas voorberidings gaan doen.
Hong Kong was goed vir my en na 'n bietjie moed inpraat van +Stephen Taylor wat ook vele trippies Hong Kong toe gemaak het was dit op die ou einde 'n reis van baie eerstes en baie uitdagings.

Ek hoop julle het die reis saam met my Hong Kong toe geniet...
Tot die volgende happie....

6 comments:

  1. Wat 'n ongelooflike goeie idee was hierdie blog nie!!!! Stap vir stap saam met jou, my Chop! Altyd in my hart! XXX

    ReplyDelete
  2. Ag dankie Chop, so bly ek kan jou inlaat met alles wat hier en met my gebeur. Mis jou, dankie vir ondersteuningxxx

    ReplyDelete
  3. choma ek lag my kla ek kan mos al sien hoe jy dai uit stappie al behartig het en ek dink ek sal seker soos n kind in n candy store wees. bly om te hoor jy is uit gesort

    happy trails kan nie wag vir die volgende happie nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Mariza jy is n ster!! hier sit ek een uur Maandag oggend want ek kan nie slap nie en toe besluit ek om jou blog te lees so in die stilte....so het ek stap vir stap Hong Kong verken....Dankie vir die wonderlike geleentheid

      Delete
    2. Thanks Buddy Ian, jy's Yster soos altyd! Stay tuned!!

      Delete
  4. Dankie Tannie Glenda, ek waardeer dit opreg. So bly ek kon my reis deel en dat dit vir almal so eg voel. En vroeg in die more is mos die beste tyd vir 'n mens se eie gedagtesxxx

    ReplyDelete