Tuesday, September 10, 2013

...kou-kou.

So sit ek in die smeulende Suide van Taiwan, luister na 'n FleetwoodMac tune, besig om 'n e-pos aan 'n vriend, oud kollega en voorheen Engelse onderwyser in Taiwan +Stephen Taylor te stuur.Hy antwoord my terug en vertel my hoe jaloers hy is, hy raai my aan om te begin blog...Laat ek gou eers daaroor dink...tipies Mariza, altyd te veel dink...doen net vir 'n slag, hoor ek +Ian Nie-Page en +Stephen Taylor skreeeeeee, en so besluit ek om al my gedagtes en als wat ek sien, beleef en oor my lippe sit in 'n blog aan te teken. Vir al my familie, vriende, vriendinne, oud kollegas, liefdes en verlore liefdes om dit saam met my te beleef en te geniet, sodat as ons eendag oud en grys is ons nog oor alles kan lag.

Koahsiung Lughawe


Een maand, 'n volle maand in Gangshan Distrik, Koahsiung Stad in suide van Taiwan, Republiek van China. Sou dit nooit kon dink of se drie maande terug nie. Alles wat ek in die laaste maand beleef het is meer wat ek in 2 jaar in Suid-Afrika sou beleef het. Ry werk toe met 'n trein, 'n bus en 'n fiets, verbeel jou dit?? En dis so skoon en netjies en goedkoop 'n absolute plesier, 'n gemak en 'n moet.


'n MRT trein van binne (die vinninge ene)
My bus stop

Ek en my blou gevaar


Alles gebeur natuulik aan die regterkant van die pad...Eish...ja so ek moes baie gou leer om eers regs te kyk in plaas van links, regs en weer links. Want voor jy jouself kan kry ry 'n scooter met 'n familie van vier, almal sonder valhelms bo-oor jou. Hier is ook geen sypaadjies of parkering in die strate nie. Jy moet maar in die straat loop, en sorg maar dat jy die aankomende verkeer dop hou. En as iemand wil stop om by 'n winkel iets te gaan kry dan maak hy so. Maak nou nie saak wie agter hom of langs hom is nie. En niemand sal toot of skree of signs gooi nie, hulle sit dood eenvoudig hulle flikker lig aan, wag tot verkeer van voor af oop is en ry om hom. Intussen druk daar so 5 fietse en 20 motorfietse ook deur.
Ek het so 'n nare ondervinding gehad toe ek een oggend vroeg 'n bus stop met die fiets gaan soek het. Ek moes onder deur 'n treinspoor deur 'n tonnel spesiaal vir motorfietse en fietse.  Ek het my as afgeskrik toe ek poog om aan die linkerkant van die pad die tonnel te wil ingaan en skielik is daar net een groot wit lig wat op my afpyl. Ek dink die ses beskermings engele agterop die carrier se vlerke het my help briek, want dit kon 'n lelike gemors af gegee het.

Die straat waar ek bly

Wat vullis in Taiwan betref, nog 'n groot leer sessie. As jy in die strate loop en 'n bier, ja glo dit of nie maar 'n mens kan helder oor dag of  nag met gemak by 'n 7 eleven in stap vir jou 'n koue uit die yskas haal, oop maak, 'n slukkie vat, 35NTD(ongeveer R10) by betaal punt betaal en verder loop waarheen jy ookal oppad is en dit in die publiek geniet. Niemand kyk jou snaaks aan of dink jy het 'n drank probleem, omdat jy nie tot by die huis kan wag nie. Die probleem is wel as jy klaar jou bier gedrink het...wat maak jy met die blik, want vullis dromme is hier nie op straat nie. As jy 'n Taiwanese is glo ek jy gooi dit maar net neer, as jy Mariza is skud jy maar laaste bietjie in jou keelgat af en druk lee blik in jou handsak tot by huis. Daar is maar gewoonlik baie gemors in my handsak. Dan kom die vullis lorrie elke tweede dag om. En alhoewel dit soos 'n roomys karretjie klink, is dit juis 'n DIY vullis verwyderings diens want jy moet jou eie swart sak op die lorrie kry. Eeeeen ek het al gehoor partykeer vat hulle nie jou sak as daar te veel hewinbare vullis in is nie...verbeel jou daai gemors???
Die ander GROOT leer sessie was die een waar jy nie toilet papier flush nie.....jaaaaaa JY FLUSH NIE TOEILET PAPIER NIE! daar is 'n drommetjie daarvoor. En dis al wat ek oor die onderwerp gaan se, as daar enige vrae is wat ek twyfel, stuur maar gerus aan.
Wat die mense en die taal aanbetref...behalwe dat ek partykeer moet staar na al die vreemde goed wat ek sien, word ek net so aangestaar. Als net oor die bruin hare, blou oe en spits neus. En as jy dan terug kyk of staar na hulle dan raak hulle skaam....nou hoe nou??
Die kommunikasie is nie maklik nie. Die Engels is maar baie gebroke en alhoewel ek hier is om Engels te gee, is dit 'n hewige opdraende styd. In klas is dit maklik om die kinders wat wil te skei van die wat nie wil nie. Die kleintjies is meer gretig om te leer, maar vestaan 'n mens weer glad nie en anders om. Die grotes kan jou miskien verstaan maar wil nie. Maar baba treetjies en baie speletjies...ek sal daar kom.

Wat ek nou al by my kollegas geleer het tussen Noorde en Suide van Taiwan.Wat die Suide aanbetref...is dat dit baie meer rural en tradisioneel as die Noorde. In die Noorde is daar baie meer uitlanders en is dit bietjie meer westers en modern maak as in die Suide. In die Noorde sal mense na 'n Supermark of 'n mall gaan om inkopies te doen, in die suide is daar baie meer markte wat vars goedere verkoop, en die "locals" stroom oor naweke soontoe.
So beleef ek dwars deur Augustus hoe mense vure in die strate maak, klappers skiet en tafels met kos en wierook uit sit.
Augustus op Westerse kalender is eintlik Julie op Chinese kalender. En Luna July is Ghost month. Alhoewel ek wou weg hardloop toe ek dit hoor, het hulle verduidelik dat spoke 'n goeie ding is vir Chinese kultuur. En in Julie nooi hulle die geeste om saam met hulle kos en drank te geniet...
OKAY... Dit laat my dink aan my eerste draf sessie in Taiwan. Oorkant my kamer waar ek bly is 'n skool met 'n atletiek baan. Dis oop vir publiek om te gebruik, maar omdat dit so warm is hier begin almal maar eers so tien uur die aand uit te beweeg om bietjie oefening in te kry.  Ge-gear met my Adidas uitrusting hardloop ek rustig om die baan, die volgende oomblik klink dit soos geweer skote wat afgaan, ek begin letterlik 'n leopard crawl doen, drie ander mense kraai soos hulle lag vir my en soos ek opkyk sien en net blou en geel en rooi van die mooiste klapper vertoning ooit... So ja die nasie skiet vir geen rede en heel dag lank klappers

Vuurwerke, vir geen rede

So was ek was ook bevoorreg genoeg om uitgenooi te word deur my baas, Robert Chen, vir ete. Ek dink: "Fantasties, dis my kans om so bietjie Taiwanese Cuisine te geniet." Baie opgewonde klim ek saam met hom in sy splinter nuwe top of the range Toyota Lexus. Stop toe by so deftige Japanese restaurant, ek dink dis fine, Japanees, Taiwanees, Chinese cuisine, kom ons ervaar hulle almal.  Toe ons toe by tafel gaan sit word ek so yskoud, en nee dit was nie die aircon nie...ek kon nog nooit met chopsticks eet nie.......en al wat Robert die heletyd se is: "Typppppical Typical Japenese Cooking....yes, yes Typppppical...." So ek het probeer vrae vra, maar dis maar die aanvaarbare antwoord gewees. Ons het Salmon sashimi vir voorgereg gehad en net daar is die aap uit die mou, ek moes maar my sashimi met 'n tandestokkie eet want daai fancy japanese chopsticks het net aanhou gly. Vir hoofgereg was daar natuurlik rys met 'n heerlike stukkie vis in 'n taaierige teriyaki sous gaar gemaak, met groente, mengelslaai en swartboontjies met roer eier. En dankie tog hulle het  een van daai porselein lepeltjies saam met hoofgereg gestuur. Vir nagereg die heerlikste soetste waatlemoen.

In die straat waar ek bly is daar baie straat kafee's en sodra ek iemand kry wat chinees/taiwanees kan praat om saam met my te gaan sal ek onder hulle begin invaar. Hoekom ek dit nog nie begin doen het nie, is omdat hulle my nie verstaan of ek hulle nie verstaan nie...en die laaste ding wat ek in my take-away wil he is 'n hoenderpoot in plaas van 'n hoender boud...

Happie vir Happie...sal ek nog stuur.
Groete uit die Ooste
Mariza

10 comments:

  1. Mooi man!!!
    Ek hou van daai "Bier in die hand" gewoonte en dit is nogal goedkoop. Hoe smaak dit?

    ReplyDelete
    Replies
    1. hahahahahahaha, ek verstaan presies wat jy bedoel. Dit smaak nogal lekker, baie lig, ek drink Taiwan beer, smaak amper soos Heineken. Sal jou op hoogte hou sodra ek ander brands geproe het;-)

      Delete
  2. Dit is super awesome "Boere meise tekel die Ooste" wat n ride. choma ek love die die blog idee

    ReplyDelete
  3. Thanks Buddy, I will keep you up to speed;-)

    ReplyDelete
  4. Chop, my Chop, dit was awesome om hierdie stukkie reis saam met jou te beleef... Voel of ek daar tussen alles saam met jou loop. Al jou foto's (vermoed ek) download nie hier nie en alhoewel jy kan 'show picture' maak hy dit nie oop nie... Sien so uit na die volgende blog! X

    ReplyDelete
  5. Baie Dankie Chop,dit beteken vir my baie, sorry oor die foto's. En hou maar dop daar is nog baie staaltjies wat ek jou gaan vertel...join my gerusxxx

    ReplyDelete
  6. Hey Tjopsjef!!! Love die blog, stem saam met Ian, super idee!!! So bly jy geniet dit!! Weet net die klomp van ons hier in SA mis jou ongelooflik baie!! <3

    ReplyDelete
  7. En ek stem saam met Maraai en Celeske mis jou stukkend maar die dit voel letterlik of os die pad saam met jou beleef al is ek nie daar nie lag my klaar


    ReplyDelete
    Replies
    1. hahahaha...jy moet net kop hou, en soos ek se ons moet nog oor alles kan lag as ons oud en grys is(jou gryshare sal seker nie wys nie want jy het nie hare nie;-)

      Delete