Thursday, September 26, 2013

'Night Market' krummels.

So begin my jaar van Engels gee in Taiwan vroeg in Augustus 2013.  Soos dit mos  met enige iemand op hul eerste dag by nuwe skool of by nuwe werk gaan, is mense mos maar nuuskerig om meer te weet van die nuwe persoon. So my eerste week het meer gegaan oor myself voorstel en om oor myself te praat. Al die kinders sal altyd glo ek is Amerikaans…Smaak my hulle dink buite Taiwan en China is daar net Amerika…Maar baie mooi sal ek verduidelik ek  is van “South Africa” en dan sal hulle hul koppe so skuins draai en herhaal…”South Africa???” Dan sal ek herhaal: “Yes, Nanfei.” En almal sal herhaal en met verbasing en se: “ Ooooooooo Nanfei.”Maar die verbasing is maar altyd groot... Ek is seker julle almal kry die mental picture.(Nan beteken Suid)
 
Die Suid-Afrikaanse vlag teen my kamer deur.
 
My broer en skoonsus +Christelle De Jager  het my met die land en intrap slag mooi laat verstaan as hulle jou 'Meiguoren' sou noem laat jy hulle goed en gou verstaan jy is van Nanfei.  En, niemand sal glo of kan raai jy is Suid-Afrikaans tot jy dit nie vir hulle se nie, en ek loop so baie raak wat oor my praat, juis omdat ek die Meiguoren woord hoor val, en dan soos ek verby loop sal ek net se...O, by the way I'm from Nanfei, of hulle lag of hulle is tjoepstil...en ek loop weg met 'n smile:-)
So sodra ek myself nou voorgestel het, en hulle weet waar ek vandaan kom, sal ek vra of hulle enige vrae het. En omtrent uit elke klas sou een van die top drie vrae wees: “Have you been to a night market yet??”  En ek sou altyd antwoord:" Nooooo, not yet", omrede ek broker as die brokeste kerkmuis in Taiwan is, en julle moet weet dis omtrent platsak want hier is nie baie kerke in Taiwan nie.

Night market in al sy glorie 
So nadat die eerste betaaldag uiteindelik aangebreek het, en ek die Hong Kong trip se kostes gecover het, het die kans uit eindelik gekom om ‘n night market te besoek. En nie hoe of wat nie, sommer hier reg om die draai van waar ek bly, by my local 7eleven. Niks buitensporiges nie, dis ‘n kort straaitjie waar al die locals van Zhuwei hulle staal agter die potte, 'n grill of deep fryer kom wys, om 'n paar NTD te kom maak.
Daar is natuurlik een of twee stalletjies wat sokkies, plastiek bakkietjies of iets "Made in China" verkoop. Ek hoef Suid-Afrikaners of Wellintonners mos niks van ‘n China winkel te vertel nie…
 
Op daai noot moet ek se sou ek my eerste night market nooit op my eie aanvat nie, die kommunikasie sal net op ‘n ramp afstuur en ek sal op die ou end met ‘n hoender poepol sosatie sit in plaas van net ‘n hoender sosatie.  Jaaa lag maar, alle grappies op ‘n stokkie;-) dit is regtig wat op die menu en die stokkie is…

Deep fried soet patat balletjies, met die lekkerste spice.

Die heerlikste botterigste flat bread, amper soos naan brood.

'n Verskeindenheid van sosaties om van te kies en te keur.


So dankbaar was ek toe die Zhuwei skool sekrataresse, Jenny en een van die juffrouens wat saam met my werk en bly, Mia aanbied om saam te gaan. Omdat ek eers 22:00 by die huis kom moes ons skarrel om by die stalletjies te kom en meeste se stock was toe al relatief laag, maar ek kon nogsteeds my vrae vra oor sekere disse en natuurlik waar die meeste organe in gaan. Net vir ingeval ek in die toekoms op my eie sou wou gaan.  Ek moet byvoeg…die orgaan kos stalletjie het ‘n baie kenmerkende reuk….so ek weet wanneer en waar om wyd te bly van hulle.
 
7 eleven...net om die hoek.

Toe ek in Zhuwei geariveer het, het my broer my na die eerste en naaste 7eleven geneem, en my al die ins en outs gegee. Alle 7elevens is 24uur oop, verkoop bier, het 'n otm en sal vir jou 'n taxi bel as jy een sou benodig. Jy kan selfs 'n brief by 'n 7eleven pos. Dis gewoonlik waar ek gaan om aandete te koop en 'n koue te sluk op 'n Saterdag middag. So het ek al menige malle myself verstaar na een van die straat kafees oorkant die 7eleven. Elke Saterdag middag(en ek vermoed elke weeksdag ook) rondom 5uur is daar 'n ouerige dame wat haar sambreel oopmaak, vuurtjie aansteek en 'n moerse pot sous aan die agterkant kook.  Sodra haar vuurtjie reg is haal sy sulke pienk en wit worsies uit om te braai. Die reuk is soos enige braai in Suid-Afrika op 'n Saterdag middag en dit maak my mal. Soveel so dat al wat ek dan en daar kort is 'n TV met 'n regstreekse uitsending van 'n WP Curriebeker kragmeting.
 
WP jou lekker ding!

So met die besoek aan die night market vra ek dat Mia en Jenny saam met my na die tannie toe stap sodat ek vir eens en vir altyd kan uitvind wat sy optower.
So dis hoe dit aan my verduidelik is: "O, It's a rice sausauge with Taiwan sausage and some sauce" Ek weet natuurlik nie wat om te se nie...vir amper 6 weke lank lek ek elke Saterdag my lippe af vir wat die vrou gaar maak en die die beskrywing wat ek kry is so vaag ek verstaan nie(soos altyd) so ek begin toe vrae vra en of ek die elemente van die dis kan sien, en kan sy my net wys wat sy doen?Alles moet natuurlik eers vertaal word ... So die beskrywing moes uintlik soos volg geklink het: " It is steamed rice stuffed in a suasage casing which is then grilled. This get sliced open(like a hotdog roll) and filled with a grilled Taiwan sausage, topped with a spicy sauce, fresh garlic and pickled ginger." My bek water soos ek alles op die braai sien le, alhoewel ek baie skepties was oor die rys worsie...maar teen 50NTD, so R17, besluit ek om een te vat,sonder die pickled ginger natuurlik(nie groot op gemmer nie)

Gebraaide rys worsie met Taiwan worsie, warm sousie en potent knoffel. 

Dit is natuurlik van nou af my Saterdag aand maaltyd (+Stephen Taylor, doen 'n wave buddy!!) ...dis absoluut fantasmagories lekker en vullend. Ek weet die knoffel is bietjie oorweldigend maar op die Taiwanese "hotdog" is dit 'n moet en ek gee regtig nie om of ek die kinders en mede kollegas die Maandag nog, uit die klas uit pong nie....


Night Market Feast :-)
 
Ek sien uit om my volgende Night Market te besoek, hopelik in volgende week.  Daar is 'n baie groter mark in Gangshan wat ek natuurlik met die fiets sal moet aandurf, maar wies bang??!! Ek sien uit daarna en kan nie wag om julle meer te vertel van groter Night Markets en groter verskeidenheid van kos nie.
 
Ek hoop julle het 'n heerlike naweek na so 'n kort week...
Groete uit die hart van die Ooste
Mariza

2 comments:

  1. Jinne choma flippen lekker gelees en gelag dit was vet pret veral dai sosatie Whahahahahahaha

    ReplyDelete
  2. hahahahaha....Eiish Dude dis true!!! Hulle sit enige iets op 'n stokkie!!:-)

    ReplyDelete